HAZEL SE GROENTESLAAI

 

Ek het hierdie resep by 'n kollega van my gekry. Ek sou nooit self so iets maak nie, maar toe ek dit eers geproe het, kon ek dit nie ophou eet nie!  Dit is absoluut heerlik en 'n wenner vir enige Kerstafel of by 'n braai!

 

Bestanddele:

Blaarslaai x 1 kop/pak
1x botteltjie gerkins
3x rou wortels
1x pakkie bacon bits
1x blik spear mielies
1x med pak gevriesde ertjies
Blok kaas (cheddar)
Groot bottel Nola Mayonaise
1x blik kondensmelk

 

Metode:

Snipper die blare en gooi onder in bak

Rasper die wortels en strooi oor die blare

Sny die mielies in omtrent 1cm stukkies en gooi bo~oor wortels

Braai die bacon en gooi dan oor

Sny die gerkins op en gooi oor

Gooi die errjies net so gevries oor, n lekker dik laag,

Meng die blik kondensmelk en bottel mayo goed, Gooi alles bo~oor slaai

Rasper kaas en gooi genoeg oor

Maak toe met deksel of foelie en sit vir ten minste 24 uur in yskas, 2 dae is beter, hoe langer hoe lekkerder!

 

BRON: Unkown