Springmielieballe

375 ml Stroop

180 ml Suiker

15 ml Botter

180-200g Springmielies(klaar gespring)

 

Meng stroop , suiker en botter in kastrol, verhit oor lae hitte totdat die suiker gesmelt het, mengsel moet nie kook voordat suiker gesmelt het nie.

Kook stroop totdat dit drade vorm wat styf en effens bros is,

Giet stroop oor springmielies

Skep lepels vol uit en vorm balle .