Cream Puffs

 

Maak dubbeld aan vir omtrent 35

 

½ kop koekmeel

1½ eetl botter

sout

½ kop water

2 eiers

 

Kook botter, water en sout, gooi koekmeel by en roer tot kook.

Haal van plaat af en roer eiers by een vir een.

Skep teelepels vol in oondpan en bak teen 180*C vir omtrent 15 min of tot ligbruin, dit moet hard gebak wees.

Skep vol styf geklitse room/mocha room.

 

Mocha room

 

9 teel botter

2 teel kook water

9 teel suiker

1 teel koue melk

1 teel vanilla

 

Room botter en suiker tot baie sag en voeg kookwater by, druppel vir druppel.

Terwyl besig om te roer, voeg melk by op dieselfde manier.

Geur met vanilla.