Coconut Clusters

Bestanddele

125 ml melk (1/2 k)
125 ml kakao (1/2 k)
500 ml suiker (2 k)
125 ml margarien (1/2 k)
750 ml hawermout (3 k)
5 ml vanieljegeursel (1 t)
250 ml klapper (1 k)
'n handvol grondboontjies - fyngekap, kan ook bygevoeg word (opsioneel)


Metode

Prut vir 5 minute alles saam en haal van stoof af. 
MOENIE langer as 5 minute kook nie.
Voeg die hawermout, vanieljegeursel en klapper by en roer goed.
Skep dadelik teelepelsvol op waspapier en laat koud word.

 

Bron & Foto:  In en om die huis