Mikrogolf Fudge

1 blik kondensmelk

500 ml wit suiker

125 g harde geel margarien

5 ml vanielje geursel

 

Plaas suiker, kondensmelk en margarien in 'n groot DIEP plastiekbak (mikrogolfbestand).

Mikrogolf op hoog vir 5 minute.

Haal uit en roer net genoeg om bestanddele goed te meng en sit terug in mikrogolfoond.

Mikrogolf weer op hoog vir 5 minute.

Kleur van die mengsel behoort nou 'n ligte karamel kleur te wees.  Indien jy dit donkerder wil maak, sit weer terug in mikrogolf en sodra die kleur reg is, haal uit en gooi die vanielje by.

Gooi in ‘n gesmeerde plat bak.

Wanneer gestol en nog warm, sny, anders is dit te hard as dit afgekoel het.