Botterskorsie-en-kaneelsop

Bestandele

700 g botterskorsie, skoongemaak en in 1 cm-skywe gesny

45 ml olyfolie

15 ml fyn kaneel

45 ml botter

1 ui, fyngekap

2 knoffelhuisies, gekap

10 ml vars gemmer, gerasper

500 ml hoenderaftreksel

sout en varsgemaalde swartpeper

 

Metode

Verhit oond tot 220 °C.

Plaas botterskorsieskywe op bakplaat en sprinkel olyfolie en kaneel oor.

Bedek met tinfoelie en sit in warm oond. Bak vir 15 – 20 minute of tot sag.

Verhit botter in pot en voeg ui, knoffel en gemmer by. Braai liggies vir 2 minute.

Voeg aftreksel en ⅔ van gaar botterskorsie by. Bring tot kookpunt en laat vinnig kook vir 5 minute.

Haal van die plaat af en verwerk in voedselverwerker tot gladde puree.

Geur goed met sout en swartpeper. Sit voor met oorblywende gaar botterskorsie.

 

Bron:  Sarie