VINNIGE BOONTJIESOP

Bestanddele

30 ml (2 e) botter
2 uie, gekap
125 g (½ pakkie) streepspek, gekap
30 ml (2 e) koekmeel
500 ml (2 k) water
1 hoenderaftrekselblokkie
820 g (2 x 410 g-blikke) botterbone
500 ml (2 k) melk
10 ml (2 t) vars pietersielie, gekap
sout en peper na smaak 

Metode

1. Smelt botter en soteer uie en spek daarin tot spek gaar is.
2. Roer meel by tot uie en spek met meel bedek is. Voeg water stadig by en hou aan roer sodat klonte nie vorm nie.
3. Voeg hoenderaftrekselblokkie en bone by. Laat kook vir 15 minute oor lae hitte.
4. Roer melk, pietersielie, sout en peper by en laat kook nog 3 minute.
5. Sit warm voor.

 

Bron:  Vrouekeur