Groentesop

Bestanddele

1 kg sopvleis (beesskenkel)

250 g 4-in-1-sopmengsel (lensies, gort, ertjies en hawer)

6 liter water

3 groot geelwortels

1 groot ui, gekap

3 groot aartappels, geskil

200 g pasta (macaronistukkies of ander)

knypie kerriepoeier

1 blik tamatiepuree

25 ml Worcestershiresous

50 ml gekapte pietersielie

Metode

Kook vleis en sopmengsel in water tot baie sag. Voeg wortels, ui en aartappels by en kook totdat aartappels sag is.

Skep aartappels uit en druk dit fyn. Skep vet bo-op die sop af. Roer aartappels terug in die sop.

Voeg pasta by, verhit tot kookpunt en laat 25 minute prut.

Voeg res van bestanddele (geurmiddels) by en kook ’n verdere 10 minute.

Hierdie mengsel is genoeg vir 10 tot 12 porsies.

 

Bron:  Kroonnuus