Butternut Sop 

Bestanddele

750 ml (3 k) hoenderaftreksel

250 ml (1 k) room

500 ml (2 k) gaar pampoen, fyngedruk

22 ml (1 1/2 e) bruinsuiker

5 ml (1 t) fyn komyn (jeera)

2 ml (1/2 t) rissiepoeier

2 ml (1/2 t) fyn koljander

klein knippie neutmuskaat

sout en vars gemaalde swartpeper

gerasperde cheddarkaas

vars koljanderblare

 

Metode

Verhit die hoenderaftreksel en room saam tot kookpunt in 'n swaarboomkastrol. Klits die res van die bestanddele, buiten die kaas en vars koljander, met 'n draadklitser by die aftrekmengsel in.

Verlaag hitte en laat ongeveer 15 minute lank liggies prut. Geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper. Skep in sopbakkies en rond af met 'n sprinkel gerasperde cheddarkaas en vars koljander.

Lewer ongeveer 1,5 liter sop.

 

Bron:  Peterjasie