HEERLIKE CHIPS DOOPSOUSE

 

Chips Doopsous

Bestanddele

1 klein blikkie room 

½ k fyn gerasperde kaas

1 k mayonnaise 

½ blik gekookte kondensmelk

1 t fyn gerasperde rou ui

Metode

Meng alles goed en sit in yskas. Hierdie doopsous kan onmiddellik geniet word.

Kan in yskas gehou word vir 1 week.

Wenk

Mens kan ander geure verkry deur fyngemaakte neut, rosyne of kersies by te voeg.

 

Bron:  Lip Lekker

 

Mostert Doopsous

Bestanddele

1 blik kondensmelk

125 ml asyn

1 eiergeel

1 blik (50g) Engelse mostertpoeier

knippie sout

Metode

Meng al die bestandele baie goed. Skep in flessies en hou in yskas.

Maak so 400ml.

 

Bron:  Kreatiewe Kos Idees