Bestanddele:

1/2 koppie wit asyn

1 eetlepel heuning

1 eetlepel Dijon mosterd

1/2 teelepel grof gemaalde swart peper

2 teelepels sout

1 tot 2 teelepels fyn gemaalde knoffel

1 koppie olyf / avokado olie

4 druppels tabasco (opsioneel)

 

Aanwysings:

Neem 'n klein bakkie en klits (met 'n 'n ballon klitser, nie 'n elektriese klitser) alle bestanddele bymekaar tot goed gekombineer.  Verkoel tot net voor opdiening.