KERRIEHOENDERTERT

 

Kerriekors:

 

  • 500ml koekmeelblom
  • 3ml sout
  • 10ml bakpoeier
  • 10ml kerriepoeier
  • knippie rooipeper
  • 250ml botter
  • 250ml geraseerde kaas
  • yswater

 

Sif die droe bestandele saam.  Rasper botter in en vryf liggies in.  Meng kaas by en meng tot stywe deeg met yswater.  Plaas in terttbak en druk styf om kors te vorm.  Plaas in yskas tot benodig.

 

Kerriehoender vulsel:

 

  • 30g botter (37.5ml)
  • 1 ui fyn gekap
  • 5ml kerriepoeier
  • 50ml koekmeelblom
  • 1 blokkie hoenderaftreksel - opgelos in 350ml kookwater
  • 2 hoenderborsies, gaargemaak en opgekap
  • 25ml joghurt gemeng met 5ml borrie

 

Maak so:

 

  1. Smelt botter en soteer uie tot glaserig.
  2. Roer kerriepoeier by en laat 1 minuut braai.
  3. Roer dan meelblom by.
  4. Voeg hoenderaftreksel stadig by en roer tot dit kook.
  5. Verwyder van hitte en vou hoendervleis in.
  6. Vou joghurtmengsel laaste in en skep in kerriekors.
  7. Bak 25 min lank by 180 grade C