QUICHE IN 'N KOFFIEBEKER

 

WAT JY BENODIG:

  • 1 eier
  • 1 1/2 eetlepels melk
  • sout
  • Gemaalde swartpeper
  • 1/4  bagel brood (of enige brood van jou keuse)
  • 2 teelepels room kaas
  • 1/2 sny ham
  • Vars tiemie of vars gekapte grasuie
  • Dijon mosterd

 

WAT JY MOET DOEN:

  1. Klits eier en melk saam met 'n vurk in 'n koppie, voeg sout en peper na smaak by. 
  2. Breek brood in klein stukke, roer by.
  3. Roer die ham by.
  4. Roer roomkaas in.
  5. Besprinkel met tiemie.
  6. Mikrogolf op hoog tot gaar, sowat 1 minuut 30 sekondes.
  7. Garneer met mosterd en vars tiemie of grasuie.