Chinese Rolletjies (Spring rolls)

Bestanddele

Vulsel:
2 blikke (185 g elk)
tuna
1 blik (400 g) pitmielies,
gedreineer
250 ml (1 k) gerasperde
mozzarellakaas
80 ml (1∕3 k) mayonnaise
sout en peper
Filo:
1 rol filodeeg
45 ml (3 e) botter, gesmelt

Metode

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Vulsel: Meng al die bestanddele. Geur met sout en peper.
  2. Filo: Verf ’n vel filodeeg met gesmelte botter en plak nog een bo-op.
  3. Sny die filo in 3 stroke en plaas van die mengsel op elke strook.
  4. Rol die deeg een keer om, vou die kante in en rol verder op. Herhaal met die res.
  5. Verf met die botter en bak 15 minute.
  6. Sit voor met soet rissiesous.

 

Bron:  Huisgenoot