Krakerige gevulde eiers

Bestanddele
12 eiers, hard gekook
¼ pakkie Bakers Kips (spek geur)
4 repe ontbytspek, bros gebraai
45 ml fyngekapte pietersielie

Vulsel:
30 ml room
45 ml mayonaise
20 ml tamatiesous
15 ml worcestersous
5 ml sout
5 ml witpeper

Metode

Dop eiers af en sny in die helfte in die lengte deur. Verwyder die geel en plaas in mengbak.

Kap die spek fyn. Breek die koekies klein stukkies en meng met die spek en pietersielie. Hou eenkant.

Druk die eiergele fyn en voeg die room, mayonnaise, tamatiesous, worcestersous, asook sout en peper by. Meng goed deur.

Skep die mengsel in die halwe eiers en plaas in opdienbord. Strooi die koekiemengsel bo-oor die eiers. Garneer met pietersielietakkies en klein tamatietjies.

Lewer 12 porsies.

Bron:  Liplekker.co.za