SOUTTERT
 
BESTANDELE
2 e meelblom
2 t suiker
2 t mosterdpoeier
'n teelepel sout
4 eiers
2 k melk
2 k gerasperde kaas
2 e gerasperde ui
2 t gekapte pietersielie
1 blikkie soutvleis, fyn gemaak
 
METODE
1. Voorverhit oond tot 180 grade C/350 grade F.
2. Smeer of spuit  een groot tertbord of klein kolwyntjiepannetjies.
3. Meng meelblom, suiker, mosterdpoeier en sout.
4. Klits eiers en melk saam.
5. Roer eiermengsel by meelmengsel in.
6. Voeg kaas, ui, pietersielie en soutvleis by.
7. Skep in tertbord  of kolwyntjiepannetjies.
8. Bak tot gaar.
 
KREDIET: MARETHA MAARTENS