BEEF STROGANOFF

 

WAT JY BENODIG:

  • 1 eetlepel olie
  • 300 gram beesvleis (lende of fillet) in repies gesny
  • 1 eetlepel botter
  • 1 klein ui, in blokkies gesny
  • 1 pakkie sampioene gehalveer (sny in kwarte as dit groot is)
  • 1/4 koppie droë witwyn
  • 1 eetlepel tamatiepasta
  • 1 teelepel heelgraan mosterd
  • 3/4 koppie beesvleisaftreksel
  • 2 teelepels meel
  • 1/4 koppie suurroom

 

WAT JY MOET DOEN:

  1. Voeg die olie in 'n braaipan en verhit oor medium hoë hitte.
  2. Strooi sout en peper oor die vleis.
  3. Wanneer die pan warm is, voeg die vleis in, moenie roer nie en braai totdat dit bruin is aan die een kant.
  4. Roer dan en braai totdat die vleis gaar is en dra oor na 'n bak.
  5. Voeg die botter in die pan en wanneer dit gesmelt is, voeg die uie by.
  6. Braai totdat die uie glaserig is en begin verbruin. Voeg die sampioene by en braai totdat hulle gaar en enige vloeistof wat uit die sampioene gekom het, verdamp het.
  7. Voeg die wyn by en kook tot die meeste van die vloeistof weg is, en voeg dan die tamatiepasta, mosterd en aftreksel by en kook tot die helfte van die vloeistof verminder het.
  8. In 'n bak, klits die meel en suurroom saam tot daar geen klonte is nie.
  9. Draai die hitte af en gooi die vleis terug in die braaipan.
  10. Gooi bietjie van die vloeistof in die pan in die roommengsel en roer tot die roommengsel lou warm is sodat dit nie skif wanneer jy dit in die pan gooi nie.
  11. Voeg die roommengsel by die pan en roer vinning om te versprei.
  12. Die stroganoff is gereed wanneer die sous verdik het.

 

WENK:

Bedien met eiernoedels, aartappels of rys.