BESTANDDELE:
  • 500g Maalvleis
  • 2cm dik sny Brood
  • 375ml Melk
  • 2 Eiers
  • 1 Groot gekap ui
  • 12.5ml Kerrie
  • 25ml Suiker
  • 25ml Asyn
  • 12.5ml Botter
  • 2.5ml Peper
  • 10ml Sout
  • 56g Pitloos rosyne
  • 56g Droe appelkose
  • 56g Droe appelringe
  • 3 Lourierblare
 
METODE:
1. Bedek rosyne, appelkose en appelrinhge met koue water en week oornag.
2. Week brood in 125ml van melk, druk uit en meng met maalvleis.
3. Braai ui in botter.
4. Kap al die droe vrugte en voeg by uie.
5. Meng die weekwater, asyn, suiker, sout, peper en kerrie en voeg by uie.
6. Prut tot dik en roer gereeld.
7. Druk al die stukkies vrugte fyn en roer die sous by die maalvleis.
8. Skep in ‘n oondbak.
9. Klits eiers en res melk en gooi oor.
10. Bak by 160C tot gestol.
11. Bedien op rys met blatjang, klapper en piesangs.