BESTANDDELE  

  • 2 groot uie, in skywe gesny  
  • 1/2 teelepel swartpeperkorrels  
  • 1/2 teelepel fyn naeltjies  
  • 1/2 koppie water  
  • 2 eetlepels sonnebIom- of canola-olie 
  • 2 kaneelstokkies  
  • 1 kg lamsvleis (ek het nek gebruik)  
  • 1 x 3 cm vars gemmer, geskil en fyngekap 
  • 2 kardamompeule  
  • 1 kg ryprooi tamaties, gekap  
  • 1 groen brandrissie, gekap  
  • 6 middelslag aartappels, geskil en gehalveer 
  • Sout, peper en suiker na smaak 
  • Gekapte pietersielie vir garnering  

 

METODE

  1. Plaas die uie, swartpeperkorrels, fyn nae|tjies en water in ‘n groot pot en bring tot kookpunt
  2. Laat liggies prut tot al die water weggekook het.
  3. Voeg die olie en kaneelstokkies by an braai tot die uie goud en deurskynend is. 
  4. Voeg die vleis, gemmer en kardamompeule by en roer deur.
  5. Verlaag die hitte, bedek die pot en laat liggies vir 30 minute prut. 
  6. Voeg die tamaties en die brandrissie by. 
  7. Bedek weer en Iaat liggies prut vir nog 30 minute.
  8. Voeg die aartappels, sout, varsgemaalde peper en suiker by en prut stadig tot die aartappels gaar is.  
  9. Garneer met gekapte pietersielie net voor opdiening. 
  10. Bedien met rys.

Bron: Kuier