WAT JY NODIG HET:

2kg wildsvleis

500g redelik vet skaapvleis

100ml olie

4 uie, fyn gekap

250ml bessiesap (youngbessie)

100ml droë rooiwyn

5ml knoffelvlokkies

2ml swartpeper

sout na smaak

5ml gemengde speserye

2 lourierblare

12,5ml fyn koljander

5 heel naeltjies

1 pakkie bruin uie sop

1 blokkie beef stock, opgelos in 300ml kookwater

12,5ml Worcestersous

1 eier

 

Pasteikors:

750ml bruismeel

2ml sout

1 koppie botter

1 koppie suurrroom

 

MAAK SO:

1.  Sny vleis in stukke en meng die skaap- en wildsvleis en meng in bietjie meel om die vleis te bedek.

2.  Verhit olie in kastrol en braai uie tot goudbruin.

3.  Plaas gemengde vleis in die kastrol en voeg res van bestandele by en prut tot sag en gaar. (Dit kan enige iets van 3 tot 4 uur neem op die stoof oor matige hitte of 1 uur en 30 minute in 'n drukkoker/stoompot op hoogste verstelling, vleis moet van die been afval en vlok.)

4.  Verwyder al die beentjies uit die vleis.  Skep vleis uit in pasteiskottel uitgevoer met die kors (sien onder).  Gooi van die sous by soos verlang.

5.  Bedek vleis met nog korsdeeg (in blaartjies gesny) bo-op, smeer gemengde eier bo-oor en druk gaatjies met 'n vurk in.

6.  Bak pastei 45 minute by 180 °C tot kors goudbruin en gaar is.

 

Maak die kors as volg aan:

1.  Sif droë bestandele saam.

2.  Vryf botter met die vingerpunte goed in die meel in.

3.  Voeg suurrroom by en meng tot 'n stywe deeg.  Plaas 'n rukkie in die yskas.

4.  Rol deeg uit en voer pasteiskottel uit, hou genoeg uit vir kors bo-op.

 

Wenk: Marineer eers die wildsvleis in karringmelk vir 'n dag of twee in die yskas voor jy die resep maak.  Maak die vleis eers droog voor jy dit in die kastrol gooi en gooi die karringmelk weg.