WAT JY BENODIG:
  • 1/4 koppie sonneblomolie
  • 1/3 koppie heuning
  • 1/3 koppie sojasous
  • 1/4 teelepel gemaalde swartpeper
  • 8 vellose, ontbeende hoenderborsies - in 1 duim blokkies gesny
  • 2 knoffelhuisies
  • 5 klein uie, gehalveer en in kwarte gesny
  • 2 rooi soetrissies (red peppers), skoongemaak en in 2 duim stukke gesny
  • Sosatiestokkies (indien jy die hout stokkies gebruik, maak dit nat voor jy die sosaties voorberei anders brand die stokkies)
 
MAAK SO:
  1. In 'n groot bak, klits olie, heuning, sojasous en peper. Hou 'n kwart koppie daarvan uit om later oor die hoender te smeer terwyl dit braai.
  2. Plaas die hoender, knoffel, uie en rissies in die bak om te marineer in die yskas vir ten minste 2 uur (hoe langer hoe beter).
  3. Sodra die vuur reg is (of jy kan dit op 'n elektrieserooster braai) doen die volgende:  Dreineer die marinade, sit die hoender, uie en rooi rissie om die beurt op die sosatiestokkie tot die sosatiestokkie gevul is. 
  4. Plaas die sosatie op die rooster en braai vir 12 tot 15 minute of tot die vleis gaar is.
  5. Draai en borsel gereeld met orige marinade tydens die braai proses.

 

BRON: allrecipes.com