Ontbeende Varkboud

Bestanddele

3 kg ontbeende gepekelde varkboud (gammon)
2 liter appelsap
500 ml (2 k) witwyn
250 ml (1 k) water
uie, grofgekap
wortels, in dik skywe gesny
selderystingels, grofgekap
naeltjies
lourierblare
10 swartpeperkorrels
2 takkies vars pietersielie

Verglansing

125 ml (½ k) heuning
125 ml (½ k) wit balsemieke asyn

Metode

Plaas varkboud in diep kastrol. 
Voeg ander bestanddele by. 
Verhit vloeistof tot kookpunt. Vandat vloeistof begin borrel het, kan jy 25 minute bereken vir elke 500 g vleis, bv. 3 kg gaan 2½ ure kook. 
Laat klaar gekookte varkboud in vloeistof afkoel. Die warm vloeistof sal varkboud nog bietjie gaarder maak. 
Haal varkboud uit vloeistof en sny vetgedeelte aan bokant af. 
Maak vlak insnydings in varkboud met mes op gedeelte waar nog bietjie vet teenwoordig is. 
Plaas in oondpan. 
Verglansing: Meng heuning en balsemieke asyn en verf bo-oor varkboud. 
Plaas varkboud onder roosterelement en rooster tot bokant effens begin verbruin. 
10 Haal varkboud uit oond en verf oorblywende heuning en balsemieke asynmengsel bo-oor. 
11 Sny in dun skywe en sit koud of louwarm voor.

 

Bron:  Vrouekeur