Hoender-nuggets

Bestanddele

250 ml witbroodkrummels (gebruik verkieslik lae-GI witbrood – rooster die brood, en verwerk dit dan tot krummels in ‘n voedselverwerker)

60 ml gerasperde parmesaankaas

10 ml gedroogde oreganum

10 ml gedroogde basiliekruid

5 ml sout

5 ml paprika

2,5 ml gedroogde tiemie

500 g ontbeende hoenderborsies sonder vel, gesny in stukkies van ongeveer 3 – 4 cm in deursnee

15 ml olyfolie

Metode

Voorverhit oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier.

Meng al die bestanddele behalwe die hoender en olie in ’n plastieksakkie. Gooi die hoender by en kombineer.

Sit die hoenderstukke op die bakplaat. Sprinkel olie oor en bak sowat 15 minute tot gaar.

 

Bron:  Sarie