Hoender met Sampioene (Mikrogolf)

Bestanddele

250 ml (1 k) suurroom

125 ml (1/2 k) droe sjerrie

125 g knopie sampioene in skyfies gesny

1 x 410 g blik sampioenroomsop

4 hoenderdye (ontbeen)

 

Metode

Rangskik hoenderdye in 'n glasbak.

Meng res van bestanddele en gooi bo-oor hoenderdye.

Moet goed bedek wees met sampioenmengsel.

Bedek met kleefplastiek.

Mikrogolf vir 20 minute op 50% krag (Simmer of Medium).

Bedien bo-op rys en sprinkel Aromat en gekapte pietersielie oor.

 

Bron:  Knuppeldik aan Koningskos