Hoender

 

12 stukke hoender

4 uie gesny

1 eetl matige kerrie

2 teel borrie 

½ teel rooipeper

¼ kop tamatiesous

¼ kop chutney

½ eetl knoffel vlokkies

3 eetl appelkoos konfyt

½ kop suiker

½ kop bruin asyn

 

1 . Meng alles en gooi oor hoender stukke

2. Plaas deksel op en bak in oond tot gaar op 220*C

3. Wanneer gaar(+- 1 uur), gooi olie af, maak maizina aan met water en verdik sous, gooi sous oor hoender stukke en bedien op rys.