Botterhoender-kerrie

Bestanddele

45 ml olyfolie

1 ui, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

30 ml heel komynsaad

20 ml koljander

100 g tamatiepasta (All Gold)

400 ml blik klappermelk

405 g pakkie All Gold Tomato & Garlic Pasta Sauce

24 ontbeende hoenderdye

sout en varsgemaalde swartpeper

410 g blik botterbone, gedreineer

 

Metode

Verhit oond tot 220 grade C. Verhit die olyfolie in 'n oondvaste

middelslag pot tot warm. Voeg die ui en knoffel  by en roerbraai

vir 2 minute. Voeg al die speserye by en verlaag die hitte.

Roerbraai 5 minute. Voeg die tamatiepasta by en braai nog 1

minuut. Voeg klappermelk en pastasous by. Bring weer tot

kookpunt en plaas hoender in die sous. Geur goed met sout en 

peper en plaas oop in oond. Bak 30 tot 35 minute of tot gaar.

Roer botterbone deur en sit voor. 

 

Bron:  SARIE.com