Ribbetjie-kerrie

Bestanddele

60 ml botter

10 (1,5 kg) lam-kortribbetjies, in helfte gesny

60 ml gerookte paprika

2 uie, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

30 ml vinkelsaad

45 ml masala

2 x 410 g blikke kersietamaties

45 ml bruinsuiker

250 ml lamaftreksel

250 ml witwyn

sout en varsgemaalde swartpeper

1 x 400 g blik botterbone, gedreineer

 

Metode

Verhit oond tot 160 grade C. Verhit botter tot warm in middelslag pot.

Rol ribbetjies in paprika en plaas met vetkant na onder in warm pot.

Braai 8 tot 10 minute of tot vet goudbruin is. Verwyder ribbetjies

uit pot. Plaas ui, knoffel, vinkel en masala in pot en roerbraai 5 tot 8

minute of tot ui begin verbruin. Voeg res van bestanddele by

ui en speserye en bring tot kookpunt. Plaas ribbetjies terug in

sous vetkant na bo. Geur goed met sout en swartpeper. Maak toe

met foelie en plaas in oond vir sowat 1 uurof tot vleis van die been

afval. Verwyder uit oond en roer bone by. Sit voor.

 

Bron: SARIE.com                      Foto:  SARIE.com

         Herman Lensing                         Donna Lewis