Stowehoender

Bestanddele

5 kardemompeule

10 ml fyn kaneel

20 ml vinkelsaad

10 ml fyn koljander

5 ml gedroogde brandrissie

45 ml olyfolie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

8 hoenderstukke sonder vel

1 x 400 g blik tamaties

sout en varsgemaalde swartpeper

100 g groen olywe, ontpit

amandelvlokkies en koeskoes vir voorsit

 

Metode

Verhit oond tot 180 grade C. Maak speserye fyn met stamper en vysel.

Verhit die olie tot warm in 'n middelslag-oondvaste pot. Voeg ui en knoffel by. Braai 5 minute of tot begin verbruin.

Voeg speserymengsel by en braai vir 2 minute.

Plaas die hoenderstukke bo-op speserye en braai tot goudbruin. Draai om en braai nog 'n paar minute tot goudbruin.

Voeg tamatie by en geur goed met sout en peper.

Sit deksel op en bring tot kookpunt. Verlaag hitte en plaas in oond vir 1 uur of tot vleis van been afval.

Voeg olywe by.

Sit voor met amandelvlokkies en koeskoes.

 

Bron:  SARIE.com                  Foto:  SARIE.com

            Herman Lensing                     Donna Lewis