Hoender-aartappelgebak

Bestanddele

400 g gaar hoender met vel

4 aartappels met skil

botter

500 ml room

sout en varsgemaalde swartpeper

2 takkies vars tiemie

100 g parmesaankaas

 

Metode

Verhit oond tot 180 grade C. Breek hoender in stukke. Sny aartappels in dun skywe.

Smeer ‘n oondbak van sowat 15 x 12 cm met klein bietjie botter.

Pak ‘n lagie aartappel en dan ‘n lagie hoender. Herhaal lae tot alles gebruik is.

Gooi room oor en geur met sout en varsgemaalde swartpeper.

Plaas tiemietakkies bo-op en sprinkle parmesaankaas bo-oor.

Plaas in oond en bak sowat 45 minute tot ‘n uur.

 

BRON:  Sarie KOS (Barbara Joubert)

FOTO:  Micky Hoyle