Marokkaanse frikkadelle

Bestanddele

• 500 g lams- of beesmaalvleis

• 50 ml elk gekapte vars pietersielie en koljanderblare

• 3 ml fyn komyn

• 1 klein ui, fyngekap

• 2-3 vars rooi rissies, ontpit en fyngekap

• olyfolie vir braai

• koeskoes om voor te sit

Sous

• 2 knoffelhuisies, fyngedruk

• 2 middelslag-uie, fyngekap

• 1 groen soetrissie, gekap

• 2 blikke gekapte tamaties

• 5 ml elk fyn komyn en kaneel

• 30 ml vars suurlemoensap

• ʼn hand vol droë appelkose, middeldeur gesny

• 10 ml heuning

• 1-2 vars rissies, ontpit en gekap

 

Metode

1 Meng al die bestanddele vir die frikkadelle en geur dit na smaak met sout. Rol dit in bolletjies van 2,5 cm. (Maak jou hande nat om die rolwerk makliker te maak.)

2 Verhit ʼn swaarboomkastrol en gooi ʼn bietjie olyfolie daarin. Braai ʼn paar frikkadelle op ʼn slag totdat almal goudbruin en gaar is. Hou dit eenkant.

3 Sous: Verhit nog ʼn bietjie olie en gooi die knoffel, ui en soetrissie by. Soteer dit tot sag. Voeg die res van die sousbestanddele en 3 ml gemaalde swartpeper by. Verhit dit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat dit vir 30 minute met die deksel op prut.

4 Laat die frikkadelle vir 10 minute in die sous prut. Roer ʼn hand vol gekapte pietersielie by en geur dit. Sit dit voor op koeskoes.

 

Bron:  idees.co.za

Foto:  idees.co.za