Hoender met tamatiesous in die mikrogolf

Bestanddele

Hoender
4 hoenderborsfilette
sout en peper
3 takkies pietersielie
2 knoffelhuisies, gekap
gerasperde skil van 1 suurlemoen

Pasta
250 g spaghetti
helfte van ’n 125 g-sakkie sondroëtamatiepesto
200 g kersietamaties, gehalveer
olyfolie
vars pietersielie en basilie
’n paar groen olywe
feta- of bocconcini-kaas, in stukke geskeur

Metode

Hoender: Plaas die hoender, kruie en suurlemoenskil in ’n glasbak, bedek met kookwater en mikrogolf tot gaar, 7 minute. Laat effe afkoel in die aftreksel, dreineer, maar behou die sous en trek die hoender in stukke met ’n vurk.
Pasta: Giet die hoenderaftreksel oor die spaghetti, vul aan met kookwater en kook tot net sag.
Dreineer die pasta en roer die pesto, kersietamaties, olie, kruie en olywe deur die warm pasta. Voeg die hoender by en rond af met die kaas.

Bron:  Huisgenoot

Foto:  Huisgenoot