Freda se Kerrie-resep

Bestanddele

1 ui 
bietjie olie 
2 eetlepels kerrie (verkieslik 'n masala kerrie) 
sout 
1 kg beesvleis, in blokkies gekap 
knoffel en gemmer 
koljander 
kerrieblare 
4 kardemonsade 
kwart teelepel naeltjies 
1 steranys 
4 tamaties, opgekap 
5 aartappels, in lengte gesny 


Metode

Braai uie, naeltjies, koljander, kardamon, knoffel en gemmer in olie tot bruin en voeg kerrie by totdat dit gaar gebraai is. 
Voeg vleis by en braai totdat kerrie lekker in vleis getrek het. Voeg aartappels by.
Voordat vleis begin brand, voeg bietjies bietjies water of wyn by totdat vleis lekker sag is. 
Kook oor lae hitte. 
Voeg laastens tamaties by en kook totdat tamaties lekker sous maak. 

 

Wenk:

Moenie kerrie toegooi onder water nie. Gooi elke keer net genoeg water by om te laat prut. Kook kerrie stadig.

Tamatie in kos altyd lekker as jy bietjie suiker en asyn byvoeg.

Bron:  RSG: RSG - Wenke