Hoender-en-rys-gebak

Bestanddele

* bietjie olie
* 2 uie, gekap
* 2,5 ml (½ t) knoffel, gekap
* 5 ml (1 t) droë gemengde kruie
* 1 groen soetrissie, in blokkies gesny
* 6 hoenderborsies, in blokkies gesny
* 410 g (1 blik) pitmielies
* 420 g (1 blik) gekapte tamaties
* 15 ml (1 e) tamatiepasta
* 2 hoenderaftrekselblokkies
* 5 ml (1 t) bruinsuiker
* 1,5 l (6 k) gaar witrys
* 500 ml (2 k) cheddar, gerasper

 
KAASSOUS
* 60 ml (4 e) botter
* 60 ml (4 e) koekmeel
* 1 l (4 k) warm melk
* sout na smaak
* rooipeper na smaak
Metode
Stel oond op 180 °C.
1 Verhit olie en soteer uie en knoffel tot sag.
2 Voeg kruie by en soteer nog bietjie. Voeg soetrissie by en soteer nog 2 minute. Skep uit.
3 Verhit nog bietjie olie en soteer hoender tot gaar.
4 Voeg pitmielies, tamaties, tamatiepasta, aftrekselblokkies en bruinsuiker by hoender en laat prut vir 5 minute.
5 Roer uimengsel by hoendermengsel.
6 Kaassous: Smelt botter en roer koekmeel by. Voeg warm melk bietjies-bietjies by terwyl geroer word sodat klonte nie vorm nie.
7 Skep helfte van gaar rys onderin groot oondbak. Skep helfte van hoendermengsel bo-op.
8 Skep helfte van kaassous bo-op. Herhaal weer lae.
9 Sprinkel kaas bo-oor en bak vir 25 minute.
10 Sit warm voor.

 

Bron:  Vrouekeur

Foto:  Vrouekeur