Spek-hoender-en-sampioenpastei

Bestanddele

45 ml olyfolie

1 ui, fyngekap

2 knoffelhuisies, gekap

250 g spek, grofgekap

4 (500 g) hoenderborsies, in blokkies gesny

250 g sampioene, grofgekap

30 ml vars tiemie, gekap

250 ml room

sout en varsgemaalde swartpeper

4 middelslag-aartappels, geskil

45 ml botter, gesmelt

 

Metode

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olyfolie in middelslagpot en voeg ui en knoffel by. Braai vir 3 minute of tot begin verbruin. Voeg spek by en braai vir nog 5 minute. Voeg hoender, sampioene en tiemie by. Braai vir 5 minute. Gooi room oor en laat vinnig prut vir 5 minute of tot roomsous vorm. Geur goed met sout en peper. Gooi mengsel in oondvaste bak. Gebruik ’n skerp mes en sny aartappels in papierdun skywe. Pak aartappels bo-op en sprinkel gesmelte botter oor. Bak vir 15 – 20 minute of tot aartappels goudbruin en gaar is. Sit warm voor.

 

 

Bron: Sarie Digitaal - Sarie Kos (Herman Lensing)

Foto: Sarie Digitaal - Sarie Kos (Donna Lewis)