WAT JY NODIG HET:

  • 30 ml olyfolie ½ ui, fyngekap
  • 125 g wit sampioene, in skyfies gesny
  • 250 ml fyn biltong
  • 125 g roomkaas
  • 70 ml mayonnaise  

 

MAAK SO:

  1. Verhit olyfolie in pan.
  2. Voeg ui by en braai tot effens sag.
  3. Voeg sampioene by en braai tot sag.
  4. Al die vloeistof moet verdamp terwyl jy die sampioene braai.
  5. Laat afkoel en plaas in jou voedselverwerker.
  6. Puree tot fyn.
  7. Voeg nou res van bestanddele by en meng goed.
  8. Die patee het geen sout of peper nodig nie, want die biltong bevat genoeg geurmiddels.

 

BRON: sarie.com