Crumbed Mushrooms

Bestanddele     

250 g sampioene (steel verwyder)

3 eetl Parmesan kaas (vars gerasper)

4 eetl wit broodkrummels (gedroog)

1 knypie knoffelsout

1 knypie gemaalde swartpeper

1 eetl pietersielie (fyn gekap)

 

Metode

Verhit oond tot 240 grade Celsius.

Smeer ‘n kleefwerende pan.

Vee sampioene met ‘n klam kombuispapier skoon. Hou eenkant.

Meng die kaas, sout, peper en pietersielie met die broodkrummels.

Bedek elke sampioen met die krummelmengsel.

Bak vir 10 – 12 minute.

Bedien saam met Tartare sous.

 

Bron:  Kitchen.net

 

Tartare Sous

250 ml mayonnaise
3 medium agurkies gesny
1 knoffelhuisie gekneus (opsioneel)
2 jong uie gekap
30 ml (2 eetl) vars gekapte pietersielie
15 ml (1 eetl) gekapte soetrissie
5 ml Franse mosterd
10 ml (2 eetl) suurlemoensap
varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng alles deeglik saam. Bewaar in die yskas in ‘n lugdigte houer.

 

Bron:  Food Lovers Recipes