Slakke in Knoffelbotter

Bestanddele:

1 blik slakke
100 g – 120 g botter
4 knoffelhuisies, fyngekap
15 ml (1E) suurlemoensap
15 ml (1E) pietersielie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Mozzarella kaas
brood

Metode:

Dreineer die slakke en spoel goed af met koue water.
Smelt die botter in ‘n middelslag kastrol of in ‘n pan.
Voeg die knoffel en suurlemoensap by en laat dit vir so ongeveer 2 – 3 minute lank prut.
Voeg nou die slakke by en verhit vir 5 minute oor ‘n lae hitte.
Voeg gekapte pietersielie, sout en peper by.
Skep die mengsel in die opdienbakkies. 
Sprinkel kaas oor en plaas in die oond onder die grill totdat die kaas gesmelt is en so bietjie kleur gekry het.
Sprinkel pietersielie oor en bedien met broodvingers.

 

Bron:  Lekkerbek (Blog) - Carla de Swardt

Foto:  Lekkerbek (Blog)