Maklike Pannekoek

Hierdie is 'n maklike pannekoek resep wat ek sommer self bymekaar gegooi het. Dit maak so tussen 12 en 15 pannekoeke.

BESTANDDELE:

  • 2 koppies(500ml) koekmeelblom
  • 2 eiers
  • Halwe teelepel sout (2.5ml)
  • 1 teelepel (5ml) bakboeier
  • Halwe koppie (125ml) Kookolie
  • 1 eetlepel (15ml) Asyn
  • 1 koppie (250ml) Melk
  • 2 koppies (500ml) Water
  • Bietjie olie vir bak
  • Suiker en kaneel na smaak

METODE:

  1. Gooi al die bestanddele saam in een bak en meng vir 10 minute baie goed met 'n klitser.
  2. Bak in bietjie olie tot ligbruin aan elke kant.
  3. Gooi gemengde suiker en kaneel oor na smaak of maak enige vulsel om mee saam te geniet. 

BRON:

www.bakenbrou.co.za

Aantal kere besoek: 162292

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Catie se Melktert
Catie se Melktert...meer
Broccoli Slaai
Broccoli Slaai...meer
Jambalaya Rys
Jambalaya Rys...meer
Freda se Kerrie-resep
Freda se Kerrie-resep...meer
Bak gesonde koekies in 30 minute
Bak gesonde koekies in 30 minute...meer
Beskuitjie Fudge
Beskuitjie Fudge...meer