Broccoli Slaai

Hierdie is 'n heerlike en vinnige resep.

BESTANDDELE:

  • 1 groot Broccoli kop - jy moet die blomme afsny en stamme verwyder
  • 1 pakkie gesnipperde spek (diced bacon)
  • 1 ui
  • 1 koppie gerasperde cheddar kaas
  • sout en peper na smaak

SOUS:

  • halwe koppie (125 ml) mayonnaise
  • 30 ml asyn
  • 50 ml suiker

METODE:

  1. Blansjeer die Broccoli (laat dit vir so 3 tot 5 minute kook, maar dit moet nie sag wees nie).
  2. Verwyder al die water en hou eenkant in 'n slaaibak.
  3. Kap die ui fyn op en braai saam met die gesnipperde spek in 'n pan.
  4. Gooi die spek en ui by die broccoli.
  5. Gooi die gerasperde kaas oor en roer deur.
  6. Gooi sout en peper na smaak.
  7. Meng al die bestandele van die sous saam, gooi oor die slaai en meng deur.

WENK:

Jy kan ook rosyne bysit, wat dit baie lekker maak.

Aantal kere besoek: 32917

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Pizza
Pizza...meer
Lemoenskilrolletjies in stroop
Lemoenskilrolletjies in stroop...meer
Hoender (Alice)
Hoender (Alice)...meer
Koringslaai met kondensmelk
Koringslaai met kondensmelk...meer
Aartappel-koekies
Aartappel-koekies...meer
Hazel se groenteslaai
Hazel se groenteslaai...meer