Hotcross Bun - Franse roosterbrood met bros spek en heuning

Hotcross Bun – Franse roosterbrood met bros spek en heuning

(4 – 6 porsies)

Bestanddele

2 eiers

30 ml melk

sout en varsgemaalde swartpeper

hot cross buns, gehalveer

30 ml olyfolie

250 g spek, brosgebraai in ’n warm pan

60 ml gouestroop

  Metode

Meng eiers en melk. Geur met sout en swartpeper. Doop elke hot cross bun-helfte in die eiermengsel. Verhit olyfolie tot warm in ’n groot braaipan. Braai tot goudbruin aan albei kante, sowat 2 – 3 minute. Sit warm gebraaide brood met spek en gouestroop voor.

Wenk: 
Om te verseker dat jou brood en spek op dieselfde tyd gaar is, kan jy jou spek  in die oond bak teen 200 ˚C tot goudbruin en bros.

Bron:  Sarie

 

 
Aantal kere besoek: 3504

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Biltong (Suid Afrikaans)
Biltong (Suid Afrikaans)...meer
Pomelo Roomkaastert
Pomelo Roomkaastert...meer
Lekker Versiersuiker
Lekker Versiersuiker...meer
Vlakoekies
Vlakoekies...meer
Doodeet worsgereg
Doodeet worsgereg...meer
Aartappel-souttert
Aartappel-souttert...meer