Gemmerpoeding op die stoof

BESTANDDELE:

Deeg:

  • 2 eetlepels goue stroop
  • 1 eetlepel botter
  • 1 teelepel koeksoda
  • ¼ koppie melk
  • 1 eetlepel asyn
  • ½ teelepel gemmer
  • 1 eetlepel applekooskonfyt
  • 1 koppie meel

Stroop:

  • 2 koppies water
  • 1 koppie suiker
  • knippie sout
  • ½ teelepel gemmer
  • 1 teelepel kaneel

METODE:

  1. Meng alles vir die deeg saam.
  2. Gooi alles vir die stroop in 'n kastrol, roer goed en bring tot kookpunt.
  3. Skep nou lepels deeg in die stroop en draai die stoofplaat af na laag.
  4. Kook vir 45 minute met die deksel op (moet nie die deksel oplig nie).
  5. Skep uit en bedien met vla.
Aantal kere besoek: 1924

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Slakke in Knoffelbotter
Slakke in Knoffelbotter...meer
Kerriehoender-pot
Kerriehoender-pot...meer
Gebakte Kaaskoek
Gebakte Kaaskoek...meer
The best chocolate brownies
The best chocolate ...meer
Hoenderlewerpatee
Hoenderlewerpatee...meer
Piesangbrood
Piesangbrood...meer