
POMELO ROOMKAASTERT
Krummelkors
10 Digestive-beskuitjies
5 ml gerasperde pomeloskil
25 ml gesmelte botter of margarien
Meng alles en druk op boom van losrandpan vas. Verkoel in yskas
Vulsel
50 ml pomelosap
12.5 ml gelatien
50 ml kookwater
3 eiers (geskei)
50 ml suiker
50g maaskaas
125 ml onversoete, ingedampte melk (verkoel)
125 ml geklitste room
pomeloskyfies Vir versiering
Week gelatien in pomelosap en los in kookwater op. Meng eiergele en suiker bo in dubbelkastrol op lae hitte en klop tot dik en lig. Voeg gelatienmengsel geleidelik by en roer goed na elke byvoeging. Roer oor kookwater totdat mengsel verdik, maar sonder om te kook. Maak maaskaas fyn en voeg by gelatienmengsel. Klits ingedampte melk styf en voeg gelatien-mengsel by en dan geklitste room. Klits eierwitte styf en vou laastens in. Gooi in kors en verkoel tot styf. Versier met geklitste room en pomeloskyfies.