Tiramisu

Tiramisu Nagereg

 

BESTANDDELE: 

  • 2 koppies sterk swart koffie 
  • 1/2 koppie lemoensap 
  • 3 eiers, geskei 
  • 1/3 koppies strooisuiker 
  • 250g Mascarpone 
  • 300ml dik room, Iiggies geklop 
  • 1 groot pakkie spons vingers koekies 
  • kakao om oor te strooi 

 

METODE: 

  1. Gooi die koffie en lemoensap in 'n vlak bak en Iaat eenkant staan. 
  2. Klop die eiergele en suiker in 'n groot bak met ‘n elektrise klitser totdat dit vaal en dik is. Voeg die Mascarpone en geklopte room by en meng Iiggies totdat dit goed gekombineer is. 
  3. Meng die eierwitte in 'n medium bak met ‘n elektrise klitser totdat dit sagte puntjies vorm. Met ‘n groot Iepel, vou die eierwitte Iiggies in die Mascarpone mengsel. 
  4. Doop genoeg koekies in die koffie mengsel om 'n 19cm vierkantige glasbak se bodem te bedek. Neem dan 1/3 van die Mascarpone mengsel en bedek die koekies. Herhaal dan die 2 Iae nog 2 keer en eindig dan met die room. 
  5. Maak die Tiramisu toe met kleefplastiek en hou in yskas vir 3 ure voor jy opdien
8,519 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Cheezy

Ouma Tillie se Dadelkluitjies

Sien

Sampioensop

Sien

Wit Teekoekies

Sien

Aartappelsop (Loaded Potato Soup)

Sien