
BESTANDDELE:
- 2 koppies koekmeel
- 9 teelepels suiker
- ½ teelepel sout
- 4 teeleps bakpoeier
- 2 eiers
- 1 koppie melk
- ½ koppie water
- 2 eetlepels olie
- 3 eetlepels stroop
METODE:
- Sif die meel, suiker, sout en bakpoeier saam.
- Meng die eiers, melk, water, olie en stroop saam en gooi by die meelmengsel en klits goed.
- Dit is dan gereed om te bak in 'n warm pan met bietjie olie.
10,071 kere besoek