Sjokolade Koek

BESTANDDELE:

  • 6 eiers geskei
  • 1½ kop suiker
  • 1½ kop meel
  • ¾ kop kookolie
  • ¾ kop kookwater
  • 3 eetl kakao
  • 3tl bakpoeier
  • ¼ tl sout

STROOP: 

  • 1½ kop suiker
  • 1½ kop water
  • 1 tl vanilla geursel
  • 1 tl brandewyn
  • 2 eetl kitskoffie

METODE:

  1. Skei eiers, klits die geel en suiker goed saam.
  2. Los kakao poeier in kookwater op.
  3. Sif sout, meel en bakpoeier.
  4. Gooi by eersgenoemde mengsel.
  5. Klits eierwitte styf en klop in mengsel.
  6. Bak in gesmeerde bak, nie botter nie, by180*C vir 25-30 min , of tot gaar.

Stroop:

Kook vir 5 min saam en gooi warm oor koek, versier met gekookte kondensmelk, krimmel flake bo-oor.

7,532 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Cheezy

Braai Ontbyt Pot

Sien

Wafel Resep

Sien

Wortel-appel koek

Sien

Kaasstrooitjies

Sien