Hierdie pampoentert is 'n wenner saam met braaivleis.
BESTANDDELE:
- 3 koppies pampoen (ek gebruik hubbard squash)
- 1 kaneelstokkie
- 1 eetlepel suiker
- 1 koppie meel
- 4 teelepels bakpoeier
- 1 koppie suiker
- 4 eetlepels gesmelte botter
- 2 eiers
- 1 teelepel sout
- 1 koppie room
- kaneelsuiker vir strooi
METODE:
- Kook die pampoen met die kaneelstokkie en suiker, tot dit sag is en drooggekook het.
- Druk die pampoen fyn om 'n "mash" te maak.
- Roer die eiers, meel, bakpoeier, suiker, botter en sout by die pampoen-mash.
- Gooi die room by en roer - meng goed.
- Gooi in 'n gesmeerde oondskottel en strooi kaneelsuiker oor.
- Bak vir 30 minute teen 180 grade C
WENK:
Ek vervang partykeer die room met 1 koppie ideal melk.
45,222 kere besoek
Rosynebrood
Sien
Kaserige oondhoender met spek
Sien
Hoender met Sampioene (Mikrogolf)
Sien
Chinese Rolletjies (Spring rolls)
Sien
