Gebakte Sagopoeding

GEBAKTE SAGOPOEDING

GENOEG VIR 6-8 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 30 min.

250 ml (1 k) sago, afgespoel en oornag geweek
1 L (4 k) volroommelk
125 ml (½ k) suiker
2 ml (½ t) sout
10 ml (2 t) brandewyn, opsioneel
30 ml (2 e) botter
1 ml (¼ t) fyn neutmuskaat
4 eiers, geskei
60 ml (¼ k) gladde appelkooskonfyt
125 ml (½ k) strooisuiker

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak van 33 x 19 cm of ’n ronde een van 30 cm in deursnee.

1.    Verhit die sago en melk in ’n diep pot oor lae hitte terwyl jy roer.

2.    Skakel die hitte af en voeg die suiker, sout, opsionele brandewyn, botter en neutmuskaat by terwyl jy roer. Klits die eiergele en giet dit stadig in die pot terwyl jy roer.

3.    Giet die mengsel in die bereide bak en skep teelepels van die konfyt bo-op. Bak 30 min.

4.    Klits die eierwitte en voeg die strooisuiker 30 ml (2 e) op ’n slag by terwyl jy klits.

5.    Sodra die poeding klaar gebak het, smeer die meringue oor, sit dit terug in die oond en bak nog 5-10 min. tot goudbruin. Sit voor met vla of net so.

Bron:  Huisgenoot

 
21,197 kere besoek

Min-moeite-rysdis

Sien

Hamburger Patties

Sien

Chocolate Oatmeal (No Bake Cookies)

Sien

Piesangslaai

Sien