Vinnige Hoenderpastei

(Genoeg vir 6 mense)

Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 25-30 minute

VULSEL:

  • 1 gaar draaispit-hoender
  • 1 groot ui, gekap
  • 2-3 repe spekvleis
  • 250 g sampioene, in stukkies gesny
  • 500 ml (2 k) klaar bereide witsous

KORS:

  • 1 pak (250 g) bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi
  • eiergeel, geklits

METODE:

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n oondvaste bak.
  2. VULSEL
    1. Pluis die gaar hoender en hou eenkant.
    2. Braai die ui en spekvleis tot sag en gaar. Voeg die sampioene by en braai tot gaar.
    3. Voeg die hoender en witsous by en meng deur. Skep in die voorbereide bak.
  3. KORS
    1. Rol die deeg effens dunner uit en plaas oor die vulsel in die bak.
    2. Steek ’n gaatjie in die middel, sny die kante netjies en druk teen die kant vas met ’n vurk.
    3. Sny patroontjies uit die oorskietdeeg en rangskik dit op die deeg.
    4. Verf met geklitste eiergeel.
  4. Bak 25-30 min tot goudbruin.

WENK: Die vulsel moet afkoel voor die kors opgesit word. Dit sal voorkom dat die deeg pap word.

Bron: Huisgenoot

16,196 kere besoek

Noedels met tuna

Sien

Pannekoek met Melktertvulsel

Sien

Grondboontjiebotter-koekies

Sien

Souskluitjies

Sien