BESTANDELE
- 45 ml kookolie
- 1 kg hoenderdye
- 10 ml sout
- 4 lourierblare
- knippie gedroogde tiemie
- 4 swart peperkorrels
- knippie fyn wonderpeper
- 45 ml blatjang
- 500 ml wortels, geskil en gesny
- 6 groot aartappels, geskil en gesny
- 500 g heel knopiesampioene
- 125 ml kookwater
- 1 blokkie hoenderaftreksel
METODE
- Verhit die olie in die pot.
- Strooi die dye met sout en braai die hoender, 'n paar stukke op 'n slag tot goudbruin.
- Voeg die kruie, speserye en blatjang by.
- Sorteer die wortels, aartappels en sampioene in lae bo-op die hoender.
- Los die aftrekselblokkie in die water op en voeg dit by die potjie.
- Sit die deksel op en laat prut vir ongeveer 1 uur en 20 minute.
- Voeg water by indien die potjie te droog raak.
6,911 kere besoek
Tannie Annetjie se Groenbone
Sien
Noedels met tuna
Sien
Ertjiesop met spek
Sien
Piesangslaai
Sien
