BESTANDELE
- 15 ml koekmeel
- 5 ml paprika
- 1 kg beesfilet, in blokkies gesny
- 15 ml botter
- 15 ml kookolie
- 2 medium uie, in dun skyfies gesny
- 15 ml wit suiker
- 8 groenbone, gekerf
- 4 wortels, geskil en in dun skyfies gesny
- 1 knoffelhuisie, fyn gekap
- 5 ml gemengde droë kruie
- 375 ml bier
- 250 ml beesvleisaftreksel
- 1 pakkie tamatiesoppoeier
- 1 lourierblaar
- 15 ml asyn
- 10 ml mielieblom
- sout en peper na smaak
METODE
- Kombineer die paprika en meel en plaas in 'n plastieksak.
- Voeg die vleisblokkies by en skud goed om die vleis te bedek.
- Smelt die botter en olie in 'n pot en braai die vleis oor matige kole.
- Verwyder en hou dit eenkant.
- Braai die uie en suiker, roer nou en dan tot die uie sag is.
- Voeg die bone, wortels en knoffel by en prut vir 5 minute.
- Sit die vleis terug in die pot en roer die kruie, bier, aftreksel, soppoeier en lourierblaar by.
- Sit die deksel op en laat prut totdat die vleis sag is, ongeveer 45 minute tot 1 uur.
- Roer af en toe, met 'n houtlepel.
- Meng die asyn en mielieblom en roer.
- Prut tot die sous verdik het en geur met sout en peper.
14,441 kere besoek